Ontvoerde Oekraïnse vrou getraumatiseerd 

‘n Vriend van die Oekraïnse vrou wat in Kaapstad vrygelaat is nadat sy vir nege dae gyselaar gehou is, sê hoewel sy nie fisies seergekry het nie, is sy ernstig getraumatiseer. Die 35-jarige Anna Penev is voor die gesin se sakeonderneming in Blackheath ontvoer. Haar gesin het volgens berigte ‘n losprys betaal. Penev se anonieme vriend sê sy was die hele tyd geblinddoek en het net brood en water gekry. Sy is in ‘n plakkershut in Khayelitsha gevind en met haar man, Simeon, en hulle twee jong kinders herenig.