Liggaam in waterpyp by Hardap-skema ontdek 

Die Namibiese Polisie het die ontbinde liggaam van ‘n onbekende man in ‘n waterpyp by die Hardap-besproeiingskema by Mariental ontdek. ‘n Boer by die skema het opgemerk dat sy watervloei baie laag was en NamWater gekontak wat bevind het dat daar dat daar ‘n verstopping in die waterpyp vanaf die kanaal was. Toe die waterpyp oopgemaak is, is die ontbinde liggaam van ‘n man gevind. Volgens Nampol is dit onbekend wat die oorsaak van sy dood is, maar ‘n nadoodse ondersoek sal uitgevoer word. Geen verslag van ‘n vermiste persoon in die omgewing is deur Nampol ontvang nie. ‘n Woordvoerder van Nampol, hoofinspekteur Elifas Kuwinga, sê aan Kosmos 94.1 Nuus die polisieondersoek duur voort.