Dodetal van boot-ongeluk in Nigerië styg

Die dodetal ná ‘n boot-ongeluk in Anambra, Nigerië, het tot 76 gestyg, sê President Muhammadu Buhari. Ananbra is een van die 29 state in Nigerië wat vanjaar hewige oorstromings ervaar het. Die oorstromings het huise, gewasse en paaie weggespoel en minstens 500 000 mense is hierdeur geraak. Sommige mense moes per boot reis, omdat die oorstromings ‘n hoofpad weggespoel het wat agt gemeenskappe met die res van die gebied verbind. Die boot wat omgeslaan het, is plaaslik vervaardig en kon 100 mense vervoer.