Ontplooiing van SA weermaglede by kragstasies verwelkom

Die parlementêre portefeuljekomitee oor minerale bronne en energie het die ontplooiing van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag by vier Eskom-kragstasies verwelkom. Minstens tien soldate is by elk van die Majuba-, Camden-, Grootvlei- en Tutuka-steenkoolkragstasies in Mpumalanga ontplooi. Dit volg op ‘n toenemende bedreiging van sabotasie, diefstal, opsetlike beskadiging en korrupsie by die kragstasies. Die komitee se voorsitter, Sahlulele Luzipo, sê gesprekke oor die bestendiging van die land se elektrisiteits-netwerk moet fokus op tegnologiese meganismes om vroeë tekens van misdadigheid en sabotasie op te spoor.