Behuisingstekort in Windhoek is die grootste kwessie

Windhoek se behuisingstekort is die steeds grootste kwessie, sê Stad Windhoek se burgemeester, Sade Gawanas. Sy sal steeds die nuwe jaar as burgemeester ingaan nadat stadsraadslede onlangs uit ’n vergadering gestap het waar haar plaasvervanger verkies sou word. Gawanas waarsku as die behuisingstekort nie spoedig aandag geniet nie, voorspel dit groot probleme. Volgens haar is behuising, veral in die informele nedersettings, ’n dringende kwessie. Gawanes sê die munisipaliteit moet met 2 899 werknemers dienste aan sy 461 000 inwoners bied. Dit terwyl die salarisrekening in toom gehou moet word deur die beperking op nuwe aanstellings.