Junior Bokke vaar goed

Die afrigter van die junior Springbokke, Bafana Nhleko, sê hy is vol vertroue dat sy span op die regte pad is noudat hulle meer oefening inkry. Die span het gister ‘n kontakoefening met die SA Rugby-akademie en die Stormers in Stellenbosch in die Wes-Kaap gehad. Nhleko sê hy is tevrede dat die spelers stelselmatig hul gewensde spelpeil bereik nadat hulle spesifieke protokol moes volg vir hul terugkeer na die rugbyveld, sedert hulle verlede maand weer begin oefen het: