Ontleding van powere vertoning van Proteas word uitgevoer

Krieket Suid-Afrika se direkteur van krieket, Enoch Nkwe, sê ‘n paneel gaan ‘n omvattende ontleding doen van die Proteas se mislukte T20-wêreldbekerveldtog. Suid-Afrika het in hulle laaste groepswedstryd in Adelaide met 13 lopies teen Nederland in die stof gebyt. Nkwe sê daar is agter die skerms reeds baie werk gedoen, en hulle fokus nou op herstel en nie op die verlede nie: