Oekraïnse magte vorder na Kherson

Die Oekraïnse weermag sê hy het die afgelope dag groot oorwinnings in Kherson behaal en dat Russiese soldate die stad begin verlaat het. Moskou het Woensdag aangekondig hy staak die verdediging van Kherson aangesien dit nie langer moontlik is om verder vir die stad te voorsien nie. Kherson was die eerste en enigste streekshoofstad wat in die Russe se hande geval het nadat Oekraïne in Februarie binnegeval is. Die Kremlin beskou die stad sedert September as Russiese gebied nadat sogenaamde referendums in besette gebiede in Oekraïne gehou is. Oekraïnse magte vorder versigtig as gevolg van vrese oor landmyne wat tradisioneel deur Russiese magte agtergelaat word wanneer hulle onttrek.