Ontleder sê oor Swapo se sentrale komitee wat die naweek vergader

Swapo se sentrale komitee sal die naweek vergader om sy nominasies vir die top-vier posisies in die party te finaliseer. Die politburo het reeds vroeër die week sy nominasielys voltooi. Die saak is uiters belangrik omdat daar verwag word dat die vise-president van die party, Swapo se presidensiële kandidaat vir 2024 sal wees. Die huidige party-president Hage Geingob sal na verwagting aanbly in die amp. Kosmos 94.1 Nuus het met die politieke ontleder, dr. Hoze Riruako gesels oor die naweek se verrigtinge.