Georgië lewer menstand van 1,8m jaar op

Argeoloë in Georgië het ‘n 1,8 miljoen jaar oue tand gevind wat aan ‘n vroeë mens-spesie mens behoort. Volgens kenners, bevestig dit die streek as die tuiste van een van die vroegste prehistoriese menslike nedersettings in Europa. Die tand is naby die dorpie Orozmani ontdek, ongeveer 100 kilometer suidwes van die Georgiese hoofstad Tbilisi, naby Dmanisi, waar menslike skedels van 1,8 miljoen jaar oud gevind is in die laat 1990’s. Die Dmanisi-vondste was die oudste sulke ontdekking op enige plek in die wêreld buite Afrika en een wat wetenskaplikes se begrip van vroeë menslike evolusie en migrasiepatrone verander het. Die jongste ontdekking by ‘n terrein 20 kilometer verder lewer nog meer bewyse dat die bergagtige suidelike Kaukasus-gebied waarskynlik een van die eerste plekke was wat vroeë mense gevestig het nadat hulle uit Afrika migreer het.