Meer besonderhede oor Tjombe se aantygings teen Mariental-polisie

Daar is nuwe inligting in verband met die saak in verband met die dood van Hendrina Amupolo. Dit is reeds bekend gemaak deur die media dat polisie op Mariental na bewering Amupolo se ouers probeer oorreed het om die 10 miljoen Namibiese dollar se siviele saak laat vaar het maar, nou word daar berig hulle is geskenke aangebied. Kontant, alhoewel die bedrag nie bekend gemaak is nie, sowel as ‘n motor is blykbaar aan die familie deur polisielede aangebied. Die bekende Norman Tjombe, wat die siviele saak bring nadat Amupolo doodgery is in Mei deur die eienaar van die groenskemaplot Johan Meyer, het reeds verlede week gekorrespondeeer met die hoof van Nampol, inspekteur-generaal Joseph Skhikongo, in verband met die aangeleentheid. Volgens Tjombe het die polisie ook ‘n vorm gebring wat hulle gevra het die familie moet onderteken om die saak terug te trek.