Groot konsert by Voortrekkermonument

Van Suid-Afrika se vooraanstaande kunstenaars tree eersdaags by die Voortrekkermonument in Pretoria op ten bate van persone met gestremdhede. Die Sing, Hoop, Weerklink-konsert is die eerste van sy soort en word op 30 November deur Solidariteit Helpende Hand in Pretoria aangebied. Die konsert sal ook regstreeks op aanlynplatforms uitgesaai word. ‘n Woordvoerder Philip Bruwer, sê kunstenaars soos Demi Lee Moore, Mathys Roets, Ricus Nel en Vernon Barnard gaan by die geleentheid optree. Die konsert is die idee van sanger Drihan Du Plessis wat ook sy lied Sing, Hoop, Weerklink tydens die geleentheid sal bekendstel.