Ons staam almal by, nie net blankes nie – Naude

Die omstrede Sean Naude van die Namibian Marshall Rangers het skerp gereageer op ‘n advertensie wat op sosiale media geplaas is. Luidens die advertensie kan blanke Namibiërs hom direk kontak vir gratis ivermektien en suurstof. Naude, wat dit reeds bekend gemaak het dat hy gekant is teen die entstof, sê hy distansieer hom van die advertensie en is nie verantwoordelik daarvoor nie.