Inenting duur voort

Die Namibiese gesondheidheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, het bespiegelinge verwerp dat sy ministerie sy inentingsveldtog opgeskort het. Hy het gesê dit is ‘n wan-persepsie en die ministerie sal voortgaan om in te ent terwyl hy wag op die dosisse wat bestel is en in Julie moet aankom.