Chinese entstof se doeltreffendheid teen Delta bevraagteken

Reuters berig dat die tekort aan kliniese data van grootskaalse proewe, sowel as geen inligting van laboratoriumtoetse nie, beteken die doeltreffendheid van die Chinese entstowwe teen die Delta variant nie deur wetenskaplikes getoets of hersien kan word nie. ‘n Chinese epidemioloog Zhong Nanshan het aan Reuters gesê dit wil voorkom asof die entstowwe wel ‘n erge infeksie in die geval van Delta kan voorkom maar, dat dit gebaseer is op ‘n analise in Guangzhou-stad en dat die uitslae nog voorlopig is en die grootte van die steekproef was klein. Die nuusagentskap berig verder dat die woordvoerder van Sinovac, Lui Peicheng sê voorlopige uitslae toon dat die entstof se vermoë om die virus te neutraliseer, drie keer verminder is in die geval van die Delta-variant.