Ons moet ook ons diamantbedryf bou
Botswana, die wêreld se tweede grootste diamantprodusent, ding mee teen China en Oostenryk om die nuwe permanente hoofkwartier en sekretariaat vir die Kimberley-proses te huisves. Die proses poog om handel in diamante van konflikgebiede te bekamp. Die Kimberley-proses is in 2003 deur regerings, burgerregtegroepe en rolspelers in die bedryf begin om deursigtigheid te bewerkstellig en handel in sogenaamde “bloeddiamante” te probeer uitskakel. Namdia in Namibië se hoof uitvoerende beampte, Kennedy Hamutenya, sê Namibië moet ook poog om sy diamantbedryf uit te brei, nes Botswana gedoen het.