Londense hof sê vandag oor uitlewering van Eskom-beskuldigde

Die Nasionale Vervolgingsgesag in die buurland sê die Westminster-landdroshof in Londen sal vandag uitspraak lewer oor die uitlewering van die gewese Eskom-kontrakteur Michael Lomas aan Suid-Afrika. Lomas is verlede maand in hegtenis geneem. Hy word betrek by ‘n tender tussen Eskom en Tubular Construction Projects. Die kragvoorsiener het 745 miljoen Namibiese doller aan die maatskappy betaal, maar dit het Eskom uiteindelik 1,4 miljard doller gekos weens voortdurende kostestygings. ‘n Woordvoerder van die vervolgingsgesag Sindisiwe Seboka, sê Lomas is saam met nog vier beskuldigdes aangekla: