Nog ‘n slenter, die keer op WhatsApp

‘n Boodskap wat wyd op WhatsApp gesirkuleer word nooi Afrikane wat in die VSA wil werk of studeer om ‘n Suid-Afrikaanse nommer te skakel om toegang tot daardie land te kry. Luidens die boodskap, moet aansoekers net in Suid-Afrika, Namibië, Swaziland of Botswana woon. Daar is kommer dat die boodskap verbind is aan groepe wat hulle skuldig maak aan mensehandel, of dat dit ‘n slenter is waar persone moet betaal om dokumentasie te ontvang. Om aansoek te doen vir ‘n studie visum in die VSA moet die aansoeker reeds in daardie land aanvaar wees deur ‘n universiteit of kollege en moet in besit wees van ‘n I-20 vorm wat deur daardie instansie uitgereik is. Lede van die publiek word weereens deur owerhede gewaarsku om nie vir slenters op sosiale media te val nie.