Ons kan baie by die diere leer oor klimaatsverandering

Mens kan meer by diere, insekte leer oor uitwerking van klimaatsverandering. Indien ons meer aandag gee aan hoe voëls, hase en termiete hul plaaslike leefruimtes omvorm in reaksie op veranderende klimaatsomstandighede, sal ons beter kan voorspel watter uitwerking klimaatsverandering in die toekoms op hulle sal hê. Só meen ’n groep navorsers van die Universiteite van Montana en Wyoming in die VSA, die Universiteit van Tours in Frankryk en die Universiteit Stellenbosch in Suid-Afrika. Hulle het ’n studie gedoen oor hoe diere se vermoë om op klimaatsverandering reageer, waarskynlik afhang van hoe goed hulle hul habitatte aanpas, soos byvoorbeeld die manier waarop hulle neste en gate bou. Professor John Terblanche by die departement van bewaringsekologie en entomologie, fakulteit AgriWetenskappe van die Universiteit Stellenbosch…