‘Ons is reeds sedert verlede jaar gereed’ – Shangula

Met kenners, en self President Hage Geingob wat Woensdag bevestig het dat dit hoogs waarskynlik is dat die Delta-variant teenwoordig is in die land, is daar groot kommer. Toetsuitslae in die verband sal teen Vrydag bekend wees maar intussen het die gesondheidsminister dr. Kalumbi Shangula gesê owerhede is sedert verlede jaar gereed om die krisis te hanteer.