Fosfaatmaatskappy sê hy sien uit na ontwikkeling van projek

Namibia Marine Phosphate het in ‘n verklaring gesê hy verwelkom die uitspraak van die hoërhof regter Harold Geier in verband met sy omgewing klaringsertifikaat. Geier het Woensdag bevind dat die maatskappy nie die sertifikaat deur die korrekte prosedure bekom het nie en gesê hy kan nie sy gelyste aktiwiteite toepas voor hy nie een bekom het nie. Die maatskappy sê sy mynlisensie ML170 is steeds geldig en dat hy uitsien om wat hy beskryf as ‘n hoogs belowende projek vir Namibië, verder te ontwikkel.