Myeni se Hawaii-skietdood was geregverdig

Die polisie in Hawaii het bevind die skietdood van Lindani Myeni van Suid-Afrika was geregverdig. Geen aanklagte gaan teen die betrokke beamptes van die Honolulu-polisie gelê word nie. Die polisie het Myeni, wat in Richardsbaai gebore is en rugby gespeel het, geskiet nadat hulle op ‘n 911-noodoproep oor ‘n inbraak gereageer het. Die aanklaer, Steve Alm, sê daar was geen bewyse tydens die ondersoek dat ras ‘n rol in die saak gespeel het nie: