Ons is op ‘n ‘highway to climate hell’

Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, waarsku dat die mensdom op ‘n snelweg op pad is na ‘n klimaats-hel. Hy het gister wêreldleiers by die opening van die VN se COP27-klimaatberaad toegespreek en gesê die globale klimaatstryd sal in hierdie kritieke dekade gewen of verloor word. Wetenskaplikes sê temperatuurstygings moet tot 1,5 grade Celsius beperk word om die ergste uitwerking te vermy. Guterres sê die wêreld het die gereedskap wat nodig is om kweekhuis-gasvrystellings te verminder. Dit sluit skoon energie en lae-koolstoftegnologie in.