SA A span vir Donderdag aangewys

Suid-Afrika A speel Donderdag in Cork, Ierland, teen Munster in die eerste van twee weeksdag-wedstryde. Dit is die eerste keer dat die land se naasbestes saam speel sedert hulle verlede jaar in Suid-Afrika teen die Britse en Ierse Leeus te staan gekom het. Die afrigter, Mzwandile Stick, het altesaam 14 Springbokke in sy wedstrydgroep aangewys: vier in die agterlyn, sewe voorspelers en drie op die plaasvervangersbank. Die voorryman, Thomas du Toit, sal die span aanvoer. Stick vertrou die span sal as ʼn hegte eenheid saam speel: