Eskom kry R1,3 miljard beslagleggingsbevel teen munisipaliteit

Die hoërhof in Pretoria het ‘n beslagleggingsbevel van 1,3 miljard Suid-Afrikaanse rand aan Eskom toegestaan teen die Emfuleni-munisipaliteit in Gauteng, omdat hy versuim het om sy rekening te vereffen. Die kragvoorsiener het reeds begin om geld te verhaal deur bankrekenings en roerende bates te laat bevries. Eskom sê in ‘n verklaring die plaaslike owerheid in die Vaal-streek skuld hom 5,3 miljard rand en hy probeer sedert Maart 2018 om Emfuleni te oortuig om sy skuld te betaal. Hy sê die munisipaliteit het ‘n gesonde inkomste-invorderingskoers van ongeveer 90 persent.