Ons herdenk vandag Boomplantdag, plant ‘n boom!

Die Namibiese omgewingsministerie vier vandag Boomplantdag. Die ministerie moedig Namibiërs landwyd aan om soveel bome as moontlik te plant. Die ministerie het ‘n vennootskap met die private sektor gesluit om Boomplantdag in al die 14 streke te herdenk. Die ministerie het 400 saailinge aan openbare instellings soos skole en plaaslike owerhede geskenk om geplant te word. Die tema van vanjaar is “Forests and sustainable production and consumption”. Die bosboudirekteur, Johnson Ndokosho, gesels met Kosmos 94.1 Nuus oor die belangrikheid van bome vir die omgewing.