Rusland waarsku oor Derde Wêreldoorlog

Die Amerikaanse minister van Verdediging, Lloyd Austin, het die Verenigde State se verbintenis herbevestig om Navo se gebied te verdedig namate die alliansie se kernbeplanningsgroep geheime samesprekings in Brussel voer. Lede het Donderdag voortgegaan met planne om ‘n kernoefening uit te voer, terwyl Rusland waarskuwings uitgereik het indien Oekraïne ooit by Navo sou aansluit. Internasionale nuusagentskappe berig die adjunksekretaris van Rusland se Veiligheidsraad, Alexander Venediktov, sê Kiëf is deeglik bewus dat hierdie stap ‘n gewaarborgde opbou tot ‘n Derde Wêreldoorlog sou beteken.