Onpartydige steun deur LP’s vir museum vir volksmoord

Parlementslede het hul steun uitgespreek vir ‘n mosie om ‘n Volksmoord-gedenkmuseum te stig. Lede van verskeie partye ondersteun so ‘n poging om diegene te vereer wat tussen 1904 en 1908 dood is. Joseph Kauandenge, sekretaris-generaal van Nudo het die mosie ‘n maand gelede in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê. Sommige LP’s soos die PDM se Vipuakuje Muharukua het gesê daar is niks wat die land moet keer nie. Hy sê nie net leer ons nie daarvan op skool nie, maar nêrens is daar ‘n betekenisvolle beeld van die volksmoord nie. Tobie Aupindi, van Swapo het gevra dat die besluit in die huis geneem moet word en nie na ‘n komitee verwys word nie. In sy mening sal ‘n museum waardigheid bring aan die gebeure van daardie tyd.