Erdogan vereer SAPD se vierpotige beamptes

Die president van Turkye, Recep Tayyip Erdogan, het die Suid-Afrikaanse Polisiediens se honde-eenheid vereer vir sy bydrae in die soek- en reddingsoperasies na die dodelike aardbewings in Februarie. Die span, met vyf snuffelhonde en hanteerders, was onder leiding van Vimla Moodley. Hulle het ‘n 80-jarige wat vir nege dae vasgekeer was, gered en meer as 200 liggame uit die puin gehaal. Polisiewoordvoerder Athlenda Mathe sê Moodley het die medalje vir die hoogste opoffering namens die organisasie ontvang: