Onopgeëiste oorskot verdoemende getuienis van armoede – kenner 

Die bystand wat die sakegemeenskap aan 97 oorledenes op Gobabis gegee het om hulle te begrawe, bly in die nuus. Die staat se lykshuis was ook oorvol, nes talle ander lykshuise regoor die land, eenvoudig omdat naasbestaandes nie hulle geliefdes kan haal nie, omdat hulle nie kan bekostig om hulle te begrawe nie. In talle van Namibië se kulture is die afskeid van ‘n begrafnis uiters belangrik maar, armoede verhoed dit. Frederico Links, ‘n navorser by die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing sê dit is ‘n regte-wêreld voorbeeld van hoe swaar duisende Namibiërs werklik kry.