Gambië hef verkope van parasetamolstroop op na talle kinders sterf

Gambië het verkope van alle handelsmerke van parasetamolstroop opgeskort na die dood van tientalle kinders. Die regering ondersoek steeds op daar ‘n verband tussen die sterftes en die stroop is maar daar was ‘n skerp styging in gevalle van akute nier-beserings onder kinders onder die ouderdom van vyf. Die kinders het aan verskeie simptome gely, insluitend ‘n onvermoë om te urineer, koors en braking wat vinnig tot nierversaking gelei het. Die land se reguleerder sê daar is onvoldoende data om ‘n algemene verbod op parasetamolstroop te regverdig. Verlede week het amptenare van die Wêreldgesondheidsorganisasie gesê die bewyse dui nie op parasetamol nie, maar op ‘n aansteeklike oorsprong soos besoedelde water.