Onluste: wekroep vir Namibië sê Geingob

Tydens die Covid-perskonferensie vandag het President Hage Geingob melding gemaak van die onluste wat tans in die buurland voorkom. Hy sê dit moet as ‘n wekroep dien vir die Namibiese besigheidsmilieu om die geleenthede aan te gryp en self te vervaardig.