Onluste: Vervolging van Zuma se dogter word oorweeg

KwaZulu-Natal se direkteur van Openbare Vervolgings, Elaine Zungu, sê die vervolgingsowerheid oorweeg steeds of oudpresident Jacob Zuma se dogter, Duduzile, vervolg moet word vir die aanstigting van geweld tydens die onrus in dele van Suid-Afrika in Julie verlede jaar. Sy het ‘n video geplaas van iemand wat ‘n vuurwapen op ‘n plakkaat van President Cyril Ramaphosa afvuur. Zungu het herhaal daar moet voldoende getuienis wees wat die beskuldige met die oortreding verbind.