Kampala-man lewenslank tronk toe vir ivoor

‘n Ugandese hof het ‘n man lewenslank tronk toe gestuur vir die besit van 10 kilogram se ivoor. Internasionale nuusagentskappe berig dit is die land se hoogste straf ooit vir wildlewe-oortredings. Pascal Achiba is skuldig bevind aan die onwettige besit van ‘n beskermde spesie. Hy is in Januarie in ‘n voorstad van Kampala aangekeer met twee stukke ivoor van 9,55 kilogram in sy besit. Achiba het voorheen tronkstraf van 18 maande uitgedien vir die besit van vier stukke ivoor.