Besettingsyfer tot September op 38% teenoor 21% verlede jaar

Die jongste syfers van besoekers aan Namibië toon dat die noordelike dele van die land beter vertoon met ‘n besettingsyfer van amper 58 persent in September, teenoor 51 persent aan die kus. Die ontleding, wat deur Simonis Storm gedoen is, dui aan dat die Suide op 51,1 persent staan en die sentrale gebied op 44,6 persent. Die makelaarsfirma sê die nasionale besettingskoers vir die eerste nege maande van die jaar was op 38,1 persent gemeet, vergeleke met 21 persent vir dieselfde tydperk verlede jaar, wat ‘n volgehoue verbetering in toeriste-invloei toon. Duitsland, Switserland en Oostenryk dra die meeste by met besoekers van die lande wat 43,2 persent van die totaal uitmaak.