Onluste: kliënte met kredietlewensversekering moet eis

Die uitvoerende hoof van FNB se lewensversekeringsafdeling, Lee Bromfield, doen ‘n beroep op kliënte wat kredietlewensversekering het, om van hulle polisse te eis. Hy het gereageer ná die skade as gevolg van die onlangse geweld en plundering in KwaZulu-Natal en Gauteng. Bromfield sê die stap sal help om die finansiële lyding te verlig terwyl die land herbou word. Hy voeg by kredietlewenspolisse help ook om dekking te verskaf aan talle mense weens afleggings en gebrek aan inkomste vanweë die Covid-19-pandemie: