Bewerings van intimidasie is bekend aan ons – Nandi-Ndaitwah

Die Namibiese minister van internasionale betrekkinge Netumbo Nandi-Ndaitwah het gereageer op aanmerkings deur die goewerneur van die Zambezi-streek Lawrence Sampofu dat inwoners van sy streek geteister word deur lede van Botswana se weermag. Owerhede in die streek sê hulle kan nie die kwessie aanspreek nie omdat dit die verantwoordelikheid is van die ministerie. Minister Nandi-Ndaitwah het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.