Botswana waarsku burgers oor reis na SA

Botswana het ‘n beroep op sy burgers gedoen om nie- noodsaaklike reise na dele van Suid-Afrika, veral KwaZulu-Natal en Gauteng, te vermy weens die voortslepende geweld. Botswana het ‘n verklaring uitgereik waarin sy ministerie van Buitelandse Sake en Samewerking sy burgers wat reeds in Suid-Afrika is, aanraai om uiters versigtig te wees, veral in Johannesburg en Durban. Hy sê Batswana-vragmotorbestuurders moet alternatiewe roetes oorweeg om die gebiede te vermy waar betogings en plundering voorkom.