Ongwediva-munisipaliteit beperk bedrywighede tot 20 Julie

Die munisipaliteit van Ongwediva het aangekondig dat hulle as gevolg van die toenemende Covid-gevalle in die land besluit het om bedrywighede by hul kantore tot die minimum te beperk. Jackson Muma, korporatiewe kommunikasiebeampte van Ongwediva, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dit geld vanaf môre tot 20 Julie.