Namibië se damme gesamentlik 82,8% vol

Namibië se damme is tans gesamentlik 82,8 persent vol teenoor verlede week se 83,2 persent. Volgens NamWater se weeklikse damverslag, is die Windhoek-omgewing se damme gesamentlik tans 81,1 persent vol, terwyl Gobabis se damme slegs 36,3 persent vol is. Die Suide se stand van damme staan op 88,4 persent met die Nautedam wat 95,5 persent vol is en die Hardapdam 64 persent.