PSUN: Visbedryf, landbousektor erg deur pandemie getref

Ujama Kahorongo van die openbare werkersvakbond, die PSUN, het vandag tydens die bespreking oor die impak van die Covid-pandemie op die Namibiese ekonomie gesê dit was die ergste op sommige van die grootste bydraers tot die Bruto Binnelandse Produk, soos die visbedryf en die landbousektor. Hy het gesê die pandemie het ongeveer die tyd getref toe sommige vissermanne weer aangestel is na hulle hul werk verloor het weens die Fishrot-korrupsieskandaal. Hy sê die landbousektor was op die punt om te herstel en toe gebeur die pandemie. Kahongoro het dit so verduidelik.