Ongwediva-dorpsraad reik uit na publiek, media

As deel van sy pogings vir deursigtigheid en aanspreeklikheid, het die Ongwediva-dorpsraad ‘n funksie met die media gereël om die bedrywighede van die raad bekend te maak. Die woordvoerder, Jackson Muma, sê die tipe geleentheid is uiters belangrik omdat die media die skakel tussen die dorpsraad en die publiek is. Hy verduidelik.