Landbou se noodtoestand in Uruguay gaan voort

Die ministerie van landbou in Uruguay het ‘n verlenging aangekondig van die huidige landbou-noodtoestand weens die gevolge van die droogte. Minister Fernando Mattos het verklaar dat die nasionale landbou-noodtoestand vir 150 dae tot September verleng sal word vir vee, suiwel, tuinbou, vrugte, landbou, byeboerdery, pluimvee en bosbou. Hy sê maatreëls sal ingestel word om die uitwerking van die droogte te versag, insluitend die voorsiening van voer en water aan vee en hulp met besproeiing.