NLU maan misdadigers hou nie vakansie

Die president van die Namibiese Landbou-unie, Piet Gouws, waarsku dat veediewe, wildstropers en misdadigers nie rus tydens die vakansietyd nie. Hy wens boere ‘n rustige feestyd toe, maar maan dat hulle hul diere, gewasse en eiendom voortdurend moet monitor en teen misdadigers moet beskerm en beveilig.