Ongeskikte vragmotorbestuurders moet aangespreek word

Bestuurders in Namibië is vuisvoos vir ongeskikte padverbruikers en nou kom daar herhaalde klagtes in oor vragmotorbestuurders wat hul hoofligte aanskakel met verkeer wat van voor kom. Talle van die vragmotors het verskeie stelle ligte en dit verblind heeltemal. Een so verbruiker, Tilla Nienaber, sê sy is sat daarvoor omdat dit herhaaldelik gebeur.

Aubrey Oosthuizen van die Weskus Veiligheidsinisiatief sê dit is ‘n aspek van polisiëring. Hy voeg by dat daar hoër vragmotorvolumes in die nag voorkom.