Groot informele sektor sal uitdagings vir inklusiwiteit bring

Die deurwinterde en bekende Namibiese ekonoom dr. John Steytler sê dit sal sukkel om die mikpunt, dat Jan Alleman ook voordeel uit die land se olie- en gasbronne trek, te bereik. Terwyl gas- en oliebronne in sy mening ‘n groot rol in die land se ontwikkelingspad kan speel, moet die inkomste daarvan op so ‘n wyse versprei en aangewend word dat alle dele van die samelewing daarby baat. Dit vereis ‘n doelgerigte poging om die armstes en die minste opgeleides op te hef. Steytler sê ‘n kwart van die land ekonomie, 24,7 persent, is informeel en dit is realisties dat persone wat in die informele ekonomie werk skielik deel van die formele en belastingbetalende ekonomie sal word nie. Slegs deur werwing en indiensneming, en om die werkers te laat deelneem aan die olie- en hernubare energiesektore sowel as ondersteunende nywerhede, sal burgers werklik uit armoede gelig word.