As jy jou werkers wil inent, vra net, owerhede kom

Die regering van Gauteng doen ‘n beroep op werkgewers en enige instansie wat graag hul werknemers wil laat inent, om ‘n versoek daarvoor te rig. Mobiele- en opwip-inentingstasies word oral in die provinsie in werking gestel. Verskeie werkgewers werk met die regering saam om toegang tot entstof makliker te maak. Intussen sê die minister in die Presidensie, Mondli Gungubele, nog ‘n Vooma-inentingsnaweek word vir hierdie maand beplan om die program te versnel.