Ongeluk in Auasweg eis een lewe

‘n Noodlottige ongeluk is vanoggend in Auasweg in Windhoek aangemeld waar ‘n vragmotor teen ‘n sedanvoertuig gebots het, wat blyk ‘n bestuurskool-voertuig te wees. Volgens die Khomas-streeksbevelvoerder van die Namibiese polisie, kommissaris Ismael Basson, het een persoon weens beserings in die ongeluk gesterf. Basson het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat padgebruikers meer bedagsaam teenoor leerlingbestuurders moet wees.