One South Africa sê wysigingswetsontwerp op Kieswet is ongrondwetlik

One South Africa het vandag ‘n voorlegging aan die parlement se portefeuljekomitee oor binnelandse sake gelewer oor die grondwetlikheid van die voorgestelde wysigingswetsontwerp op die Kieswet. One South Africa se woordvoerder, Mudzuli Rakhivhane, sê dit is ontmoedigend dat die komitee na 18 maande besluit het om die Konstitusionele Hof te nader vir ‘n verlenging van die keerdatum van 11 Junie.