MasterChef SA mentor jong sjefs by Kaapstadse Waterkant

‘n Kosmark op die Victoria en Alfred-waterkant in Kaapstad, Makers Landing, het reeds ‘n indrukwekkende aantal prestasies behaal en kan nou nóg ‘n veer in sy hoed sit, want dit is waar die vierde seisoen van MNet se MasterChef SA plaasvind. Die program se uitsending het gister begin. ‘n Woordvoerder van die Waterkant, Alex Kabalin, sê kundiges in die voedselbedryf wat verbonde is aan die gewilde program, mentor ‘n groep jong leerling-sjefs vir die duur van die leerplan van ses maande.